JEREMIA 26:13
JEREMIA 26:13 Bybel vir almal (ABA)
En nou moet julle reg lewe en goeie dinge doen en gehoorsaam wees aan julle God. As julle dit doen, dan sal die Here julle nie straf soos Hy gesê het nie.
JEREMIA 26:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maak dan nou julle weë en julle handelinge goed, en luister na die stem van die HERE julle God; dan sal dit die HERE berou oor die onheil wat Hy teen julle gespreek het.
JEREMIA 26:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar as julle nou goed doen en julle gedrag en optrede verander en luister na wat die Here julle God vir julle sê, sal Hy die straf herroep wat Hy oor julle aangekondig het.
JEREMIA 26:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, laat julle doen en late goed wees, en luister na die stem van die HERE julle God, sodat die HERE berou kan hê oor die onheil wat Hy oor julle aangekondig het.
JEREMIA 26:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maak dan nou julle weë en julle handelinge reg, en luister na die stem van die HERE julle God; en die HERE sal hom berou oor die onheil wat Hy oor julle gespreek het.