JEREMIA 26:3
JEREMIA 26:3 Bybel vir almal (ABA)
Miskien sal die mense gehoorsaam wees en hulle lewe verander en nie meer slegte dinge doen nie. As hulle gehoorsaam is, dan sal Ek hulle nie straf oor die slegte dinge wat hulle gedoen het nie.
JEREMIA 26:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Miskien sal hulle luister en hulle bekeer elkeen van sy verkeerde weg; dan sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen weens die boosheid van hulle handelinge.
JEREMIA 26:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Miskien sal hulle luister en hulle van hulle verkeerde lewe bekeer. Dan sal Ek die straf herroep wat Ek oor hulle wou bring oor hulle sondige dade.
JEREMIA 26:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Miskien sal hulle luister en omdraai, elkeen weg van sy verkeerde pad. Dan sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen vanweë hulle bose dade.
JEREMIA 26:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As dit so is, sal hulle luister en elkeen bekeer van sy verkeerde weg, sodat Ek my kan bekeer van die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen weens die boosheid van hulle handelinge.