Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

JEREMIA 4:11-12 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

JEREMIA 4:11-12 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daardie tyd sal daar vir hierdie volk en vir Jerusalem gesê word: 'n Gloeiende wind kom oor die heuweltoppe uit die woestyn uit op my volk af, maar nie om die kaf weg te waai en die koring skoon te waai nie. Ek bring die wind in sy volle krag oor hulle, Ek gaan nou die oordeel oor hulle uitspreek.

JEREMIA 4:11-12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

In dié tyd sal aan hierdie volk en aan Jerusalem gesê word: 'n Gloeiende wind van die kaal heuwels in die woestyn op pad na die dogter van my volk, nie om te wan of te suiwer nie! 'n Wind te sterk vir hierdie dinge sal vir My kom; nou sal Ek ook oordele teen hulle uitspreek.

JEREMIA 4:11-12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die tyd kom dat Hy vir hierdie volk en die mense van Jerusalem sal sê: “’n Skroeiende wind waai uit die woestynheuwels na my volk toe, maar dis nie om kaf weg te waai nie. Nee, Ek stuur ’n wind met sy volle krag. Ek gaan nou die oordeel oor hulle uitspreek.”

JEREMIA 4:11-12 DB (Die Boodskap)

Dan sal die Here vir hierdie volk en vir die mense van Jerusalem sê: “’n Wind uit die woestyn wat so warm soos vuur is, waai oor die heuwels in die rigting van my volk. Dit is nie ’n ligte windjie waarmee ’n mens die kaf uit graan waai nie. Nee, Ek stuur ’n wind wat baie sterker as dit waai. Ondergang is julle voorland,” sê die Here.

JEREMIA 4:11-12 ABA (Bybel vir almal)

Die Here sê: “In daardie tyd sal mense vir hierdie volk en vir die mense van Jerusalem sê: ‘Daar kom 'n warm wind oor die heuwels waar nie plante groei nie, dit kom deur die woestyn op die pad na my volk toe, maar dit is nie 'n wind wat koring op die dorsvloer sal skoonmaak nie.’ Die stormwind is die vyande, hulle kom na My toe, en nou sal Ek ook sê hoe Ek my volk sal straf.

JEREMIA 4:11-12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In daardie tyd sal vir hierdie volk en vir Jerusalem gesê word: “'n Versengende wind vanaf die kaal hoogtes in die woestyn is op pad na die dogter van my volk, maar nie om 'n oes uit te wan of te sif nie. 'n Wind, te sterk daarvoor, kom op My af. Op my beurt gaan Ek nou oordele oor hulle uitspreek.”

JEREMIA 4:11-12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

In dié tyd sal aan hierdie volk en aan Jerusalem gesê word: 'n Droë wind van die hoogtes in die woestyn teen die dogter van my volk, nie om te waai of te reinig nie, Selfs 'n volle wind van daardie plekke sal oor my kom; ook nou sal ek teen hulle vonnis gee.