JEREMIA 45:3-4
JEREMIA 45:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Jy sê dit gaan sleg met jou, want die Here laat jou nog meer swaarkry. Jy hou aan kla en jy is moeg daarvan, jy kan nie rus nie. Maar my boodskap vir jou is: Ek breek af wat Ek gebou het, en Ek ruk uit wat Ek geplant het. Ek doen dit in die hele land.
JEREMIA 45:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jy sê: Wee my tog, want die HERE het kommer aan my smart toegevoeg; ek is moeg van my gesug en vind geen rus nie! So moet jy vir hom sê: So spreek die HERE: Kyk, wat Ek gebou het, breek Ek self af; en wat Ek geplant het, ruk Ek self uit; en dit betref die hele aarde.
JEREMIA 45:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy sê dit is klaar met jou, die Here het nog meer lyding by jou smart gevoeg, jy is al uitgeput van kla, jy kry nie rus nie? Die Here sê ek moet vir jou sê: So sê die Here: Wat Ek gebou het, slaan Ek plat; wat Ek geplant het, ruk Ek uit. Dit het gebeur met 'n hele land.
JEREMIA 45:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
‘Jy sê: “Wee my! Want die HERE het droefheid by my smart gevoeg. Ek is moeg van my gesug, en ek kry geen rus nie.” ’ “So moet jy vir hom sê, ‘So sê die HERE: “Kyk, wat Ek gebou het, gaan Ek afbreek, en wat Ek geplant het, gaan Ek uitruk – hierdie hele land.
JEREMIA 45:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
U het gesê: Wee my nou! want die HERE het droefheid by my droefheid gevoeg; Ek het flou geword in my gesug, en ek vind geen rus nie. So moet jy vir hom sê: So spreek die HERE; Kyk, wat Ek gebou het, sal Ek afbreek, en wat Ek geplant het, sal Ek uitruk, ja, hierdie hele land.
JEREMIA 45:3-4 Die Boodskap (DB)
Jy het gesê: ‘Dit is klaarpraat met my! Ek kry alreeds so swaar en dan maak die Here my probleme net nog meer. Ek is al so moeg van my eie gesug en gekla, ek kan net nie rus kry nie.’ “Baruk, dit is wat die Here sê: ‘Ek is nou besig om af te breek wat Ek self opgebou het. Ek gaan die mense van Juda uitroei soos Ek ’n boom uit die grond sal uittrek, wortel en al. So sal dit oor die hele land gaan.
JEREMIA 45:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jy het gesê: ‘Dit is klaarpraat met my! Ek kry alreeds so swaar en dan maak die HERE my pyn net nog meer. Ek is al so moeg van my eie gesug, ek kan net nie rus vind nie.’ “Sê vir hom die HERE sê: Ek is nou besig om hierdie volk af te breek wat Ek opgebou het. Wat Ek geplant het, gaan Ek ontwortel. So sal dit oor die hele land gebeur.