JEREMIA 47:1-2
JEREMIA 47:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Woord van die Here wat tot die profeet Jeremia gekom het. Dit handel oor die Filistyne, voordat die farao vir Gasa verower het. So sê die Here
JEREMIA 47:1-2 Die Boodskap (DB)
Die Here het vir Jeremia dinge gesê wat oor die Filistyne gaan. Dit was nog voor die farao van Egipte vir Gasa aangeval het. Die Here sê: “Daar kom vloedwater uit die noorde wat die hele land sal oorspoel. Dit is ’n vyand wat kom. Hy sal die land en alles daarin verwoes. Dit raak die stede en die mense wat daarin bly. Die mense sal skree omdat hulle bang is. Al die mense wat in die land bly, sal hartseer huil.
JEREMIA 47:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Die profeet Jeremia het gehoor die Here praat met hom oor die Filistyne. Dit was voordat die farao die stad Gasa oorwin het. Die Here het gesê
JEREMIA 47:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE woord van die HERE wat aangaande die Filistyne tot die profeet Jeremia gekom het voordat Farao Gasa verslaan het. So sê die HERE: Kyk, die waters rys op uit die noorde en hulle sal 'n oorlopende stroom word; ja, hulle oorstroom die land en sy volheid, die stad en die wat daarin woon; en die mense sal skreeu, en al die inwoners van die land sal huil
JEREMIA 47:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die woord van die HERE wat tot Jeremia, die profeet, gekom het oor die Filistyne, voordat die farao Gasa verslaan het. So sê die HERE: “Kyk, water gaan styg uit die noorde, en dit gaan 'n spruit in vloed word. Dit sal die land en alles daarop oorstroom, stede en die inwoners daarin. Mense sal om hulp roep; al die inwoners van die land sal huil
JEREMIA 47:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die woord van die HERE wat tot die profeet Jeremia gekom het teen die Filistyne, voordat Farao Gasa verslaan het. So sê die HERE; Kyk, waters styg op uit die noorde en sal 'n oorstromende vloed wees en die land en alles wat daarin is, oorstroom; die stad en die wat daarin woon, dan sal die manne skreeu en al die inwoners van die land huil.
JEREMIA 47:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het ’n boodskap vir die profeet Jeremia oor die Filistyne gegee. Dit was nog voor die farao vir Gasa aangeval het. Die HERE sê: “’n Vloed kom uit die noorde, ’n stroom wat alles oorspoel. Dit oorspoel die land en vul alles daarin, dorpe en inwoners. Die mense sal uitroep. Al die inwoners van die land sal weeklaag.