JOHANNES 10:16
JOHANNES 10:16 Bybel vir almal (ABA)
Ek het ook ander skape wat nie in hierdie kraal is nie. Ek moet ook voor hulle loop. Hulle sal ook na my stem luister. Al my skape sal eendag in een trop wees en Ek sal die hele trop se herder wees.
JOHANNES 10:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.
JOHANNES 10:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder.
JOHANNES 10:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het ook ander skape wat nie van hierdie kraal is nie. Hulle moet Ek ook lei, en hulle sal na my stem luister, en daar sal een kudde wees, en een herder.
JOHANNES 10:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het ander skape wat nie van hierdie kraal is nie; hulle moet ek ook bring, en hulle sal my stem hoor; en daar sal een kraal en een herder wees.
JOHANNES 10:16 Die Boodskap (DB)
Die mense wat julle hier sien, is nie die enigstes wat My volg nie. Daar is baie ander ook, wat van ander plekke af kom. Ek sal ook vir hulle die beste herder wees waarvan hulle kan droom. Uiteindelik sal my volgelinge soos een groot skaaptrop wees met My as hulle enigste herder.