JOHANNES 10:38
JOHANNES 10:38 Bybel vir almal (ABA)
Maar as Ek die dinge doen wat die Vader vir My gesê het, dan moet julle glo wat Ek doen, ook as julle nie in My wil glo nie. Dan sal julle regtig weet die Vader is by My en Ek is by die Vader.”
JOHANNES 10:38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom.
JOHANNES 10:38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar as Ek dit wel doen en julle tog nie in My glo nie, moet julle ten minste aan die werke glo, sodat julle kan insien en weet dat die Vader in My en Ek in die Vader is.”
JOHANNES 10:38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar as Ek dit doen en julle My tog nie glo nie, glo dan my dade, sodat julle kan besef en steeds weet dat die Vader in My en Ek in die Vader is. ”
JOHANNES 10:38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, sodat julle kan weet en glo dat die Vader in My is en Ek in Hom.