JOHANNES 12:12-13
JOHANNES 12:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die volgende dag het die groot menigte mense wat na die fees toe gekom het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom. Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” en: “Die Koning van Israel!”
JOHANNES 12:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Die volgende dag het die mense gehoor dat Jesus na Jerusalem kom. Daar was baie mense in Jerusalem om die Paasfees te vier. Hulle het takke van palmbome geneem en hulle het na Jesus toe gegaan. Hulle het hard geskree: Prys God! Prys die Man wat kom. Die Here het Hom gestuur, Hy is die Koning van Israel.
JOHANNES 12:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE volgende dag het 'n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom, palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.
JOHANNES 12:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die volgende dag het die groot skare wat vir die fees gekom het, en wat gehoor het dat Jesus na Jerusalem kom, palmtakke gevat en Hom tegemoetgegaan en aanhoudend uitgeroep, “Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!” en: “Die Koning van Israel!”
JOHANNES 12:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die volgende dag het baie mense wat na die fees gekom het, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom, Hy het palmtakke geneem en uitgegaan hom tegemoet en uitgeroep: Hosanna! Geseënd is die Koning van Israel wat kom in die Naam van die Here!
JOHANNES 12:12-13 Die Boodskap (DB)
Jerusalem het uit sy nate gebars van al die mense wat fees toe gekom het. Hulle was baie opgewonde toe hulle hoor Jesus kom Jerusalem toe. Natuurlik is hulle dadelik daar weg om Hom langs die pad te ontmoet. Met palmtakke in die hand het hulle die hele pad geskreeu: “Ons prys U, U is baie spesiaal! U kom omdat die Here dit wil hê, U is die koning van Israel.”
JOHANNES 12:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Op die volgende dag het die groot skare wat vir die fees opgedaag het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom. Hulle het die blaartakke van die palmbome geneem en Jesus tegemoetgegaan en dit uitgeskree: “Prys God! Geseënd is Hy wat in die Naam van die Here kom!” en: “Die Koning van Israel!”