JOHANNES 12:25
JOHANNES 12:25 Bybel vir almal (ABA)
As iemand dink sy eie lewe is baie belangrik, dan sal hy sy lewe verloor. Maar as iemand besef dat sy lewe op aarde nie belangrik is nie, dan sal hy sy lewe hou, hy sal altyd aanhou lewe.
JOHANNES 12:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.
JOHANNES 12:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou.
JOHANNES 12:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie sy lewe liefhet, verloor dit; maar wie sy lewe in hierdie wêreld gering ag, sal dit vir die ewige lewe behou.
JOHANNES 12:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat sy lewe liefhet, sal dit verloor; en hy wat sy lewe in hierdie wêreld haat, sal dit bewaar tot die ewige lewe.
JOHANNES 12:25 Die Boodskap (DB)
’n Selfsugtige mens wat niks vir ander voel nie omdat hy net heeltyd aan homself dink, is op die verloorpad. Hy gaan uiteindelik niks oorhou nie, nie eens sy eie lewe nie. “Wie egter ander in die lewe eerste stel en bereid is om opofferings te maak, al kos dit wat, leef soos God dit wil hê. Hulle sal alles wen, omdat God sal sorg dat hulle geestelik vir altyd sal leef.