JOHANNES 12:31
JOHANNES 12:31 Bybel vir almal (ABA)
Nou sal God die mense van die wêreld oordeel. Nou sal Hy die Satan, die leier van die mense van hierdie wêreld, oorwin.
JOHANNES 12:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.
JOHANNES 12:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nou kom die oordeel oor hierdie wêreld; nou sal die owerste van hierdie wêreld uitgegooi word buitentoe.
JOHANNES 12:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nou het die oordeel oor hierdie wêreld aangebreek; nou sal die heerser van hierdie wêreld uitgedryf word.
JOHANNES 12:31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou is die oordeel van hierdie wêreld: nou sal die owerste van hierdie wêreld verdryf word.
JOHANNES 12:31 Die Boodskap (DB)
“Die tyd het gekom dat die mense gaan hoor wie reg en wie verkeerd is. Party mense dink mos die duiwel swaai die septer in die wêreld. Wel, Ek het vir julle nuus. Sy mag is gebreek. Hy het nie meer ’n sê in hierdie wêreld nie. By My gaan julle ware mag sien.