JOHANNES 12:42-43
JOHANNES 12:42-43 Bybel vir almal (ABA)
Baie mense het in Jesus geglo, ook party van die leiers, maar hulle het dit vir niemand vertel nie. Hulle was bang dat die Fariseërs sal sê hulle mag nooit weer in die sinagoge kom nie. Daardie leiers wou meer belangrik wees vir mense as vir God.
JOHANNES 12:42-43 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie. Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.
JOHANNES 12:42-43 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie; want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God.
JOHANNES 12:42-43 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nogtans het ook baie van hulle leiers in Hom begin glo, maar vanweë die •Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die •sinagoge geban sou word nie. Hulle het immers die eer van mense meer liefgehad as die eer van God.
JOHANNES 12:42-43 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar onder die owerstes het ook baie in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle Hom nie bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie. Want hulle het die lof van mense meer liefgehad as die lof van God.
JOHANNES 12:42-43 Die Boodskap (DB)
Baie mense, selfs van die Joodse leiers, was saam met Jesaja oortuig van hoe belangrik Jesus is. Stilletjies, op hulle eie, het hulle Jesus aanvaar. Hulle wou dit egter vir niemand sê nie, want hulle was bang. Hulle het koue voete gekry as hulle daaraan gedink het dat die Jode hulle uit hulle byeenkomste sou wegjaag en hulle sou verbied om weer daar te kom as hulle iets goeds van Jesus sou sê. Hulle probleem was dat hulle harder probeer het om mense te beïndruk as vir God.
JOHANNES 12:42-43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Nietemin het baie uit die geledere van die leiers in Hom begin glo, maar vanweë die Fariseërs het hulle dit nie in die openbaar bely nie sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie. Hulle het die verering deur mense liewer gehad as die verering deur God.