JOHANNES 15:15
JOHANNES 15:15 Bybel vir almal (ABA)
Ek noem julle nie meer slawe nie, want 'n slaaf weet nie wat sy eienaar doen nie. Ek noem julle vriende, want Ek het vir julle alles vertel wat Ek by my Vader gehoor het.
JOHANNES 15:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
JOHANNES 15:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
JOHANNES 15:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek noem julle nie meer slawe nie, omdat 'n slaaf nie weet wat sy eienaar doen nie. Ek het julle egter vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
JOHANNES 15:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Van nou af noem ek julle nie diensknegte nie; want die dienskneg weet nie wat sy heer doen nie; maar ek het julle vriende genoem; want alles wat Ek van my Vader gehoor het, het Ek aan julle bekend gemaak.
JOHANNES 15:15 Die Boodskap (DB)
Ons verhouding is nie soos die een tussen ’n werker en sy baas nie. Die werker ken mos normaalweg nie die baas persoonlik so goed dat hy alles weet wat die baas dink of beplan nie. Nee, ons verhouding is baie anders. Ons is soos vriende onder mekaar. Vriende steek niks vir mekaar weg nie. Daarom het Ek alles wat die Vader vir My gesê het net so vir julle vertel. Dit is belangrik om te weet hoe Ek oor ons verhouding voel.