JOHANNES 15:3-4
JOHANNES 15:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Julle is klaar skoon. Wat Ek vir julle gesê het, het julle skoongemaak. Julle moet by My bly soos Ek by julle bly. Julle moet onthou 'n loot alleen kan nie vrugte dra nie, dit moet aan die wingerdstok vas bly. Julle kan ook nie vrugte dra as julle nie by My bly nie.
JOHANNES 15:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het. Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
JOHANNES 15:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het. Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
JOHANNES 15:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle is egter reeds skoon deur die woorde wat Ek vir julle gesê het. Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot nie uit sy eie vrug kan dra as dit nie in die druiwestok bly nie, so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
JOHANNES 15:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou is julle rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het. Bly in My, en Ek in julle. Soos die loot nie self vrugte kan dra as dit nie aan die wingerdstok bly nie; julle kan nie meer as julle nie in My bly nie.
JOHANNES 15:3-4 Die Boodskap (DB)
Julle is soos daardie mooi versorgde takkies. My boodskap was soos ’n snoeiskêr wat julle mooi skoon gesny het. “Niks moet ons van mekaar skei nie! Julle moet baie naby aan My bly, soos takkies wat aan die druiwestok vasgegroei is. Ek sal net so naby aan julle bly - soos ’n druiwestok wat vasgegroei is aan sy takkies. ’n Takkie kan mos nie druiwe dra as dit eenkant lê en nie aan die druiwestok vas is nie. Net so het julle My nodig om ’n goeie, vrugbare lewe te kan lei.
JOHANNES 15:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle is reeds skoon gesnoei deur die boodskap wat Ek met julle gedeel het. Julle moet aan My verbonde bly soos Ek aan julle. ’n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as dit nie aan die druiwestok verbind bly nie, en só julle ook nie as julle nie aan My verbonde bly nie.