Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

JOHANNES 17:11 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

JOHANNES 17:11 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek bly nie langer in die wêreld nie, maar hulle bly nog in die wêreld. Ek kom na U toe. “Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees.

JOHANNES 17:11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.

JOHANNES 17:11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek is nie langer in hierdie wêreld nie, maar hulle is nog in hierdie wêreld. Ek is op pad na U toe. Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam wat U aan My gegee het sodat hulle net soos Ons een kan wees.

JOHANNES 17:11 DB (Die Boodskap)

Ek gaan mos nou nie meer langer fisiek hier op die aarde bly nie. Ek is op pad terug na U toe, maar hulle gaan fisiek hier op die aarde agterbly. Vader, daar is niemand soos U nie.

JOHANNES 17:11 ABA (Bybel vir almal)

Ek sal nie meer lank op die aarde wees nie, maar hulle sal op die aarde wees, en Ek kom na U toe. “ Heilige Vader, U het u Naam vir My gegee. Daarom vra Ek dat U hulle moet beskerm met u Naam. Dan kan hulle saamwerk soos Ek en U saamwerk.

JOHANNES 17:11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is nog in die wêreld, en Ek kom na U. Heilige Vader, bewaar hulle wat U aan My gegee het in u Naam, sodat hulle, net soos Ons, een kan wees.

JOHANNES 17:11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En nou is Ek nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld, en Ek kom na jou toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam dié wat U My gegee het, sodat hulle net soos ons een kan wees.