JOHANNES 19:38
JOHANNES 19:38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hierna het Josef van Arimatea, wat 'n dissipel van Jesus was maar in die geheim, omdat hy vir die Jode bang was, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag neem. Pilatus het sy toestemming gegee. Josef het toe gegaan en sy liggaam weggeneem.
JOHANNES 19:38 Die Boodskap (DB)
Josef wat uit Arimatea gekom het, was ook ’n volgeling van Jesus. Hy het dit egter probeer stilhou, want hy was bang dat die Jode hom iets sou aandoen as hulle dit uitvind. Toe alles verby was, is hy na Pilatus toe. Hy vra Pilatus toe reguit of hy maar Jesus se liggaam kon gaan begrawe. (As niemand die lyke gevat het nie, het die soldate dit gewoonlik sommer eenkant in ’n vlak graf gegooi.) Pilatus het vir Josef gesê hy kon dit maar doen. Hy het toe Jesus se liggaam van die kruis afgehaal en weggevat.
JOHANNES 19:38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierna het Josef wat van Arimatea afkomstig was – omdat hy vir die Joodse leiers bang was, was hy ’n geheime dissipel van Jesus – Pilatus gaan vra of hy die liggaam van Jesus kon kry. Pilatus het dit toegestaan. Josef het toe die liggaam gaan haal.
JOHANNES 19:38 Bybel vir almal (ABA)
Josef van die stad Arimatea was 'n dissipel van Jesus, maar dit was 'n geheim, want hy was bang vir die Jode. Nadat Jesus gesterf het, het Josef vir Pilatus gevra of hy Jesus se liggaam mag wegneem. Pilatus het gesê hy mag dit doen. Toe het Josef gegaan en hy het Jesus se liggaam gaan afhaal van die kruis.
JOHANNES 19:38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN ná hierdie dinge het Josef van Arimathéa, wat 'n dissipel van Jesus was, maar in die geheim, uit vrees vir die Jode, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag wegneem. En Pilatus het dit toegelaat. Hy het toe gegaan en die liggaam van Jesus weggeneem.
JOHANNES 19:38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hierna het Josef van Arimatea, wat uit vrees vir die Jode in die geheim 'n dissipel van Jesus was, •Pilatus gaan vra of hy die liggaam van Jesus mag wegneem. Pilatus het dit toegestaan. Josef het toe gegaan en sy liggaam weggeneem.
JOHANNES 19:38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hierna het Josef van Arimathéa, wat 'n dissipel van Jesus was, maar in die geheim uit vrees vir die Jode, Pilatus gesmeek dat hy die liggaam van Jesus moes wegneem; en Pilatus het hom verlof gegee. Hy het toe gekom en die liggaam van Jesus geneem.