JOHANNES 21:17
JOHANNES 21:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei.
JOHANNES 21:17 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het die derde maal vir Petrus gevra: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir My?” Petrus het baie hartseer geword omdat Jesus die derde maal vir hom gevra het of hy lief is vir Hom. Hy sê toe vir Jesus: “Here, U weet alles! U weet Ek is lief vir U!” Jesus sê toe vir hom: “Dan moet jy sorg vir my mense.
JOHANNES 21:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.
JOHANNES 21:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy vra hom die derde keer: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Hy hom die derde keer gevra het, “Het jy My lief?” en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Jesus sê vir hom: “Laat my skape wei.
JOHANNES 21:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy sê vir die derde keer vir hom: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus was bedroef omdat hy die derde keer vir hom gesê het: Het jy My lief? En hy sê vir hom: Here, U weet alles; jy weet dat ek jou liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.
JOHANNES 21:17 Die Boodskap (DB)
’n Derde keer vra Jesus hom: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief? Kan Ek heeltemal op jou lojaliteit staatmaak?” Petrus het hartseer geword omdat Jesus so aanhou. “Here,” sê hy toe, “U hoef nie eens te vra nie, want U weet alles; ook wat in my hart aangaan. U weet mos hoe lief ek vir U is.” “Sorg dan vir my skape,” sê Jesus. “Ek wil vir jou iets belangriks sê.
JOHANNES 21:17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Derde keer vra Jesus hom: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het hartseer geword omdat Jesus hom ’n derde keer gevra het: “Het jy My lief?” en hy antwoord Jesus: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Jesus sê vir hom: “Gaan versorg my skape.