JOHANNES 3:17
JOHANNES 3:17 Bybel vir almal (ABA)
God het sy Seun na die mense toe gestuur, maar nie om die mense te straf nie. Nee, God het Hom gestuur om hulle te red.
JOHANNES 3:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want God het sy Seun nie na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie; maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
JOHANNES 3:17 Die Boodskap (DB)
God het nie die Seun na hierdie wêreld toe gestuur om net vir almal te kom sê hoe sleg hulle is nie. Nee, Hy het Hom gestuur sodat mense wat sleg was weer by God kon uitkom.
JOHANNES 3:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
JOHANNES 3:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.
JOHANNES 3:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word.