JOHANNES 3:36
JOHANNES 3:36 Bybel vir almal (ABA)
Elkeen wat in die Seun glo, het die ewige lewe. Maar elkeen wat ongehoorsaam is aan die Seun, sal nie die lewe kry nie. God sal aanhou om hom te straf.
JOHANNES 3:36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
JOHANNES 3:36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”
JOHANNES 3:36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie in die Seun glo, het die ewige lewe, maar wie aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie; inteendeel, die toorn van God bly op hom. ”
JOHANNES 3:36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; en wie die Seun nie glo nie, sal die lewe nie sien nie; maar die toorn van God bly op hom.
JOHANNES 3:36 Die Boodskap (DB)
“Iemand wat dus deur geloof ’n vriend van die Seun word, sal vir ewig en altyd sy vriend bly. “Maar iemand wat die Seun die rug toekeer en nie na Hom wil luister nie, sal nooit so ’n vriendskap ken nie. Hy sal wel iets anders leer ken: die woede en straf van God!”