JOHANNES 4:13-14
JOHANNES 4:13-14 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir haar gesê: “Elkeen wat van hierdie put se water drink, sal weer dors word. Maar wanneer iemand drink van die water wat Ek vir hom gee, dan sal hy nooit weer dors word nie. Die water wat Ek vir hom gee, sal binne-in hom word soos 'n fontein wat vir hom die ewige lewe gee.”
JOHANNES 4:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
JOHANNES 4:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”
JOHANNES 4:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het haar geantwoord: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry, maar wie van die water drink wat Ek hom gee, sal tot in ewigheid nooit dors kry nie. Die water wat Ek hom gee, sal in hom 'n fontein van water word wat opborrel tot die ewige lewe. ”
JOHANNES 4:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry. Maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal nooit dors kry nie; maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees van water wat opspring tot in die ewige lewe.
JOHANNES 4:13-14 Die Boodskap (DB)
“Wel, elkeen wat van hierdie put se water drink, sal na ’n rukkie weer dors word,” antwoord Jesus. “Wie egter van die water drink wat Ek hom sal gee, sal nooit ooit weer dors word nie. Daar sal iets in daardie persoon gebeur. Die water wat Ek vir hom sal gee, sal in ’n fontein binne-in hom verander. Hierdie borrelende, lewende water sal maak dat hy vir ewig sal lewe.”
JOHANNES 4:13-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors word. Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word nie. Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ’n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel.”