JOHANNES 6:51
JOHANNES 6:51 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy vir ewig leef. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam wat Ek gee vir die lewe van die wêreld.”
JOHANNES 6:51 Bybel vir almal (ABA)
Ek is die brood wat self lewe en wat ook lewe gee. Ek kom uit die hemel. As iemand van hierdie brood eet, dan sal hy altyd lewe. Die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die mense van die wêreld altyd kan lewe.”
JOHANNES 6:51 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.
JOHANNES 6:51 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.”
JOHANNES 6:51 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het; as iemand van hierdie brood eet, sal hy vir ewig lewe; en die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek sal gee vir die lewe van die wêreld.