JOHANNES 7:21-23
JOHANNES 7:21-23 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir hulle gesê: “Ek het net een wonderwerk gedoen, en julle is verbaas omdat Ek dit op die Sabbatdag gedoen het. Moses het vir julle geleer om julle seuns te besny. Maar dit was nie net Moses nie, julle voorvaders het dit ook gedoen. En julle besny ook partymaal seuns op die Sabbatdag. Julle besny iemand op die Sabbatdag om gehoorsaam te wees aan die Wette van Moses. Hoekom is julle nou kwaad vir My wanneer Ek 'n mens se hele liggaam op die Sabbatdag gesond maak?
JOHANNES 7:21-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jesus antwoord en sê vir hulle: Een werk het Ek gedoen, en julle verwonder julle almal. Daarom het Moses julle die besnydenis gegee — nie dat dit van Moses is nie, maar van die vaders — en op die sabbat besny julle 'n mens. As 'n mens die besnydenis op die sabbat ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie, is julle kwaad vir My, omdat Ek 'n mens op die sabbat heeltemal gesond gemaak het?
JOHANNES 7:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het toe verder vir hulle gesê: “Julle is almal ontsteld oor een ding wat Ek gedoen het. Omdat Moses die besnydenis vir julle gegee het – en eintlik kom dit nie eens van Moses af nie, maar van die aartsvaders – besny julle ook op 'n sabbatdag. As iemand op 'n sabbatdag die besnydenis mag ontvang om nie die wet van Moses te verbreek nie, waarom is julle dan vir My kwaad omdat Ek op 'n sabbatdag iemand se hele liggaam gesond gemaak het?
JOHANNES 7:21-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het hulle geantwoord: “Een daad het Ek gedoen, en julle is almal verbaas. Omdat Moses vir julle die besnydenis gegee het – nie dat dit van Moses kom nie, maar van die vaders – besny julle iemand ook op die Sabbat. As iemand op die Sabbat die besnydenis ontvang, sodat die •Wet van Moses nie verbreek word nie, is julle dan vir My kwaad omdat Ek op die Sabbat 'n mens in sy geheel gesond gemaak het?
JOHANNES 7:21-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jesus antwoord en sê vir hulle: Ek het een werk gedoen, en julle is almal verwonderd. Moses het dan aan julle die besnydenis gegee; (nie omdat dit uit Moses is nie, maar uit die vaders;) en besny julle op die sabbatdag 'n man. As iemand op die sabbatdag besny word, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie; Is julle kwaad vir My, omdat Ek 'n mens op die sabbatdag heeltemal gesond gemaak het?
JOHANNES 7:21-23 Die Boodskap (DB)
Jesus het Hom nie laat afskrik nie. “Ek het een buitengewone ding ’n ruk gelede op die sabbat gedoen. En kyk na julle, julle is nog steeds hier aan die wonder of dit nou reg was of nie. Ek wil julle graag help om dit beter te verstaan. Moses het gesê dat julle julle seuntjies ’n sekere aantal dae na geboorte moet besny. (Eintlik het Moses dit nie begin nie, maar sy voorouers.) Omdat dit Moses is wat dit gesê het, doen julle dit, al moet julle dit ook op die sabbat doen. Nou wil Ek julle ’n vraag vra: julle sê dit is reg om op die sabbat iemand te besny. Moses het mos gesê julle moet dit doen. Sekere dinge ís dan mos belangriker as die sabbat. As dit so is, waarom raak julle dan so opgewonde as Ek nie net ’n deel van ’n mens nie, maar die hele mens op die sabbat gesond maak?
JOHANNES 7:21-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het daarop reageer: “Ek het net een ding gedoen en julle almal is ontsteld. Vanweë die feit dat Moses aan julle die besnydenis gegee het – eintlik is dit nie van Moses afkomstig nie, maar van die voorvaders – besny julle selfs op ’n Sabbat ’n mens. As iemand op ’n Sabbat die besnydenis ontvang met die doel om nie die wet van Moses te verbreek nie, waarom is julle dan oor My ontstoke omdat Ek op ’n Sabbat ’n hele mens gesond gemaak het?