JOHANNES 7:37
JOHANNES 7:37 Bybel vir almal (ABA)
Die laaste dag van die fees was die belangrikste dag. Op daardie dag het Jesus opgestaan en hard gesê: “As iemand dors is en hy wil lewe, dan kan hy na My toe kom en water kom drink wat die ewige lewe gee.
JOHANNES 7:37 Die Boodskap (DB)
Die laaste dag van die fees was die hoogtepunt en almal was daar. Jesus sê toe hard en duidelik: “As jy geestelik dors is, kom na My toe. Ek sal jou dors les. Glo in My en in wat Ek sê.
JOHANNES 7:37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!
JOHANNES 7:37 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!
JOHANNES 7:37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gaan staan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My kom, en drink!