JOB 22:21 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

JOB 22:21 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Onderwerp jou aan God, dan sal jy in vrede leef, en so sal jy voorspoed hê.

JOB 22:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

SLUIT tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.

JOB 22:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Onderwerp jou aan God, dan sal jy vrede hê en sal alles met jou goed gaan.

JOB 22:21 DB (Die Boodskap)

Elifas het vir Job gesê: “Gee nou bes en raak nou rustig. Eers dan sal dit beter met jou begin gaan.

JOB 22:21 ABA (Bybel vir almal)

Job, jy moet vrede maak met God, dan sal dit weer goed gaan met jou.

JOB 22:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“As jy jou maar met Hom versoen, sal jy daardeur vrede hê; dan sal die goeie weer na jou toe kom.

JOB 22:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maak jouself nou bekend met hom en wees in vrede: daardeur sal die goeie oor jou kom.