JOB 23:8-9
JOB 23:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Maar Hy is nie daar waar ek Hom soek nie, Hy is nie in die ooste of in die weste nie. As Hy in die noorde werk, dan kry ek Hom nie, as Hy na die suide gaan, dan sien ek Hom nie.
JOB 23:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
KYK, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie. As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie.
JOB 23:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar gaan ek na die ooste toe, Hy is nie daar nie, na die weste, ek kry Hom nie. Sou Hy in die noorde aan die werk wees, ek vind Hom nie daar nie, sou Hy na die suide toe draai, ek sien Hom nie.
JOB 23:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, gaan ek oos, is Hy nie daar nie, en wes, dan gewaar ek Hom nie. In die noorde, terwyl Hy werk, merk ek Hom nie op nie; verhul Hy Hom in die suide, sien ek Hom nie raak nie.
JOB 23:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, ek gaan vorentoe, maar hy is nie daar nie; en agteruit, maar ek kan hom nie sien nie: aan die linkerhand, waar hy werk, maar ek kan hom nie aanskou nie; aan die regterhand verberg hy hom, dat ek hom nie kan sien nie.