JOB 38:31-35
JOB 38:31-35 Bybel vir almal (ABA)
“Kan jy die Sewe-ster vasbind of Orion se belt losmaak? Kan jy die sterre op die regte tyd laat uitkom, kan jy die Beer en die ander sterre by hom lei? Weet jy wat is die reëls wat Ek vir die sterre in die lug gegee het? Kan jy sê die aarde moet dieselfde doen? Kan jy met die wolke praat en sê hulle moet dit laat reën op jou? Kan jy die weerlig na jou toe laat kom en sal hy dan gaan waarnatoe jy hom stuur?”
JOB 38:31-35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop? Of die toue van die Oríon losmaak? Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? En die Beer met sy kleintjies lei? Ken jy die wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel? Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat 'n oorvloed van water jou oordek? Kan jy die bliksems uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons!
JOB 38:31-35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sou jy die Sewester met 'n band kon vasknoop of die band van Orion kon losmaak? Kan jy die sterre op hulle tyd laat opkom, kan jy die Beer met sy kleintjies laat uitkom? Weet jy hoe die hemelliggame werk? Stel jy hulle invloed op die aarde vas? Kan jy jou stem tot by die wolke hoorbaar maak sodat stortreën jou oordek? Kan jy weerligstrale uitstuur dat hulle vir jou kom sê: ‘Hier is ons’?
JOB 38:31-35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Kan jy die koorde van die Sewester knoop, of die bande van Orion losmaak? Kan jy 'n sterrebeeld uitlei op sy tyd, die Beer met haar kleintjies begelei? Ken jy die wette van die hemelruim, kan jy die invloed daarvan op die aarde vasstel? Kan jy jou stem na die wolke rig, sodat 'n watervloed jou bedek? Kan jy weerligte vrylaat, sodat hulle gaan en vir jou sê, ‘Hier is ons!’?
JOB 38:31-35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kan jy die lieflike invloede van Pleiades bind, of die bande van Orion losmaak? Kan jy Mazzaroth op sy tyd baar? Of kan jy Arcturus saam met sy seuns lei? Ken jy die verordeninge van die hemel? kan U sy heerskappy op die aarde bepaal? Kan jy jou stem verhef na die wolke, dat oorvloed van water jou kan bedek? Kan jy weerlig uitstuur, dat hulle kan gaan en vir jou sê: Hier is ons?
JOB 38:31-35 Die Boodskap (DB)
“Kan jy die Sewester met ’n band vasbind? Of kan jy die bande van Orion losmaak? Het jy enigsins beheer oor die sterre? Kan jy die sterrebeelde op hulle vasgestelde tyd laat opkom? Kan jy die Beer met haar kleintjies oor die hemelruim laat beweeg? Weet jy hoe die reëls van die hemel werk sodat alles daar reg loop? Weet jy watse invloed dit op die aarde het? “Kan jy vir die wolke skreeu en dan laat hulle reën op jou neerstort? Kan jy weerlig laat slaan waar jy wil hê dit moet? Sal die weerlig jou gehoorsaam?
JOB 38:31-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Kan jy die Sewester vasknoop? Of die bande van Orion losmaak? Kan jy sorg dat die sterre op die regte tyd opkom? Kan jy die Beer met sy kleintjies laat uitkom? Ken jy die wette van die natuur? Weet jy hoe God oor die aarde regeer? “Kan jy met die wolke praat sodat hulle begin reën? Kan jy weerligstrale maak, en dit laat tref soos jy wil?