JOB 40:3-4 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
JOB 40:3-4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Wil jy my beslissing tot niet maak? Wil jy My skuldig verklaar sodat jy vrygespreek kan word? Het jy die mag wat Ek het? Kan jy jou stem uit die onweer laat hoor soos Ek?
JOB 40:3-4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê? Het jy dan 'n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?
JOB 40:3-4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Wil jy sê dat Ek verkeerd is? Wil jy My veroordeel sodat jy geregverdig kan wees? Is jy so sterk soos God? Kan jy jou stem uit die onweer laat hoor?
JOB 40:3-4 DB (Die Boodskap)
Wil jy sê wat Ek oor jou besluit het, is nie reg nie? Wil jy bewys Ek is skuldig sodat jy kan sê jy is reg? Dink jy jy is net so sterk soos Ek? Kan jou stem uit die donderweer dreun soos Myne?
JOB 40:3-4 ABA (Bybel vir almal)
Wil jy regtig sê dat Ek verkeerd is, wil jy sê dat Ek skuldig is en dat jy onskuldig is? Is jy so sterk soos God? Kan jy soos God die donderweer laat raas en dreun?
JOB 40:3-4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wil jy werklik my beslissings dwarsboom, My skuldig verklaar, sodat jy gelyk kan hê? Of het jy 'n arm soos dié van God? Kan jy soos Hy jou stem laat donder?
JOB 40:3-4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: Kyk, ek is gemeen; wat sal ek jou antwoord? Ek sal my hand op my mond lê.