JOËL 3:15-16
JOËL 3:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Die son en die maan sal donker word, die sterre sal nie meer skyn nie. Die Here sal hard praat uit Jerusalem, so hard soos 'n leeu wat brul. Die hemel en die aarde sal bewe, maar die Here sal sy volk beskerm. Die Israeliete sal veilig wees by Hom.
JOËL 3:15-16 Die Boodskap (DB)
Die son en die maan sal pikdonker word en die sterre sal ophou skyn. Dan sal die Here se stem soos die gebrul van ’n leeu uit Sion opklink. Sy magtige stem daar uit Jerusalem sal die hemel en aarde van vrees laat bewe. Maar vir sy eie mense sal die Here soos ’n wegkruipplek wees waar hulle veilig is teen gevaar. Die Here sal vir hulle wees soos ’n stad met hoë, breë mure wat hulle beskerm teen al hulle vyande.
JOËL 3:15-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die son en maan sal verdonker. Die sterre sal nie meer skyn nie. Die HERE sal brul uit Sion, uit Jerusalem sal Hy bulder. Die hemel en die aarde sal begin skud. Maar vir die mense van Israel is die HERE ’n skuilplek en ’n veilige vesting.
JOËL 3:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in. En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal 'n toevlug wees vir sy volk en 'n skuilplek vir die kinders van Israel.
JOËL 3:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die son en die maan sal donker word, die sterre sal nie meer skyn nie. Die Here sal uit Sion brul, Hy sal sy stem uit Jerusalem laat hoor, en hemel en aarde sal bewe. Die Here is 'n toevlug vir sy volk, 'n veilige vesting vir die Israeliete.
JOËL 3:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die son en maan word donker, die sterre hou hulle glans terug. En die HERE, uit Sion brul Hy, uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE is 'n toevlugsoord vir sy volk, 'n skuilplek vir die Israeliete.
JOËL 3:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die son en die maan sal verduister word, en die sterre sal hul glans onttrek. Ook sal die HERE uit Sion brul en sy stem uit Jerusalem verhef; en die hemel en die aarde sal bewe, maar die HERE sal die hoop van sy volk wees en die sterkte van die kinders van Israel.