JONA 3:7-10
JONA 3:7-10 Bybel vir almal (ABA)
Hy het vir die mense van Nineve gesê: “Die koning en sy amptenare sê: Niemand mag iets eet of drink nie, nie 'n mens of 'n dier nie, nie 'n bees of 'n skaap of 'n bok nie. Almal moet rouklere dra, mense en diere. Almal moet ernstig tot God bid. Almal moet ophou om sonde te doen en om slegte dinge te doen aan ander mense. Miskien sal God sy plan verander, miskien sal Hy ons nie meer straf nie. Miskien sal Hy jammer wees vir ons, miskien sal Hy nie meer kwaad wees vir ons nie. Dan sal ons nie sterf nie.” God het gesien die mense van Nineve het opgehou om verkeerde dinge te doen. God was jammer vir hulle en Hy het hulle nie gestraf nie.
JONA 3:7-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy groot manne — geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie; maar mens en dier moet 'n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef. Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie? En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.
JONA 3:7-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het in Nineve laat proklameer: “Die koning en sy raadgewers beveel dat mens en dier, grootvee en kleinvee, aan niks mag proe nie, dat hulle niks mag eet en nie water mag drink nie. Mens en dier moet rouklere aanhê, en die mense moet ernstig tot God roep en hulle van hulle verkeerde dade bekeer en berou hê oor die geweld wat hulle gepleeg het. Miskien sal God van plan verander en nie meer kwaad wees nie. Dan sal ons nie omkom nie.” Toe God sien wat hulle doen, en hoe hulle hulle bekeer van hulle verkeerde dade, het Hy afgesien van die ramp wat Hy gesê het Hy oor hulle sal bring. Hy het nie die ramp gestuur nie.
JONA 3:7-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het in Nineve laat afkondig: “Op las van die koning en sy belangrike amptenare: Niemand mag aan enigiets proe nie – nie mens of dier, beeste of kleinvee nie. Hulle mag nie eet of water drink nie. Mens en dier moet met 'n roukleed bedek wees. Die mense moet God ernstig aanroep en elkeen moet hom bekeer van sy slegte gedrag en van die geweld wat aan sy hande kleef. Wie weet, dalk draai God terug en het Hy berou; dalk draai Hy om, weg van sy brandende toorn, sodat ons nie vergaan nie.” God het gesien wat hulle doen, dat hulle teruggedraai het van hulle verkeerde pad. God was jammer dat Hy gesê het Hy gaan 'n ramp oor hulle bring, en Hy het dit toe nie uitgevoer nie.
JONA 3:7-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het dit in Nineve laat verkondig en bekend gemaak deur die bevel van die koning en sy edeles, en gesê: Laat geen mens of dier, beeste of kleinvee iets proe nie; laat hulle nie wei en geen water drink nie. Maar laat mens en dier met rouklere bedek wees en met krag tot God roep; ja, laat hulle elkeen bekeer van sy verkeerde weg en van die geweld wat in hulle hande is. Wie kan weet of God hom sal bekeer en hom sal bekeer en van sy toorn afwyk, sodat ons nie vergaan nie? En God het hulle werke gesien, dat hulle hulle van hulle verkeerde weg bekeer het; en God het berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen; en hy het dit nie gedoen nie.
JONA 3:7-10 Die Boodskap (DB)
Hy het ’n amptelike afkondiging in Nineve laat maak: “Op las van die koning en sy kabinet: Geen mens of bees of vee in Nineve mag enigiets eet of drink nie. Al die mense en elke dier moet klere aanhê vir ’n begrafnis. Elkeen moet baie ernstig tot die Here bid. Almal moet die verkeerde dinge wat hulle doen, laat staan. Die geweld teenoor mekaar moet dadelik stopgesit word. Wie weet of God nie miskien weer ’n keer oor sy besluit sal dink nie. Miskien sal Hy ons jammer kry en ophou om vir ons kwaad te wees. Miskien sal Hy nie ons stad verwoes nie.” God het gesien wat hulle doen. Hy het gesien hoe hulle probeer ophou met die verkeerde dinge wat hulle gedoen het. Hy het spyt gekry oor sy besluit. Hy het van plan verander en die stad toe nie verwoes nie.
JONA 3:7-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die koning en sy amptenare het toe die volgende bevel deur die stad gestuur: “Niemand nie, nie eers die diere, mag enigsins iets eet of drink nie. Almal moet rouklere aantrek en ernstig tot God bid. Almal moet ophou om kwaad te doen en geweld te pleeg. Wie weet, miskien sal God ons genadig wees en ons nie in sy woede vernietig nie.” Toe God sien dat hulle opgehou het om verkeerd te doen, was Hy hulle genadig. Hy het daarvan afgesien om hulle te vernietig soos Hy gedreig het om te doen.