JOSUA 6:16
JOSUA 6:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Na die sewende maal het die priesters die ramshorings geblaas. Josua het vir die manskappe gesê: “Skreeu! Die Here gee die stad aan julle oor!
JOSUA 6:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die sewende keer het die priesters op die ramshorings geblaas. Josua het vir die manskappe gesê: “Hef die oorlogskreet aan, want die HERE gee die stad aan julle!
JOSUA 6:16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die sewende keer het die priesters die teken op die ramshorings gegee. Josua het vir die volk geskreeu: “Gee die kreet! Die HERE gee die stad vir julle!
JOSUA 6:16 Bybel vir almal (ABA)
En toe die priesters die sewende maal die ramshorings blaas, het Josua vir die manne gesê: “Julle moet skree om die oorlog te begin, want die Here sal julle laat wen teen die mense van hierdie stad.
JOSUA 6:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe die priesters die sewende keer op die horings blaas, sê Josua vir die volk: Skreeu! want die HERE gee die stad aan julle oor.