KLAAGLIEDERE 1:12
KLAAGLIEDERE 1:12 Bybel vir almal (ABA)
Julle almal wat hier op die pad verbygaan, wil julle my nie help nie? Julle moet kyk of daar ander stede is met wie dit so sleg gaan soos die Here dit met my laat gaan. Het die Here met ander stede gedoen soos Hy met my gedoen het toe Hy vir my kwaad geword het?
KLAAGLIEDERE 1:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Lamed. Raak dit julle nie, julle almal wat met die pad verbygaan? Aanskou en kyk of daar 'n smart is soos my smart wat my aangedoen is, waarmee die HERE my bedroef het op die dag van sy toorngloed.
KLAAGLIEDERE 1:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Raak dit julle nie, julle almal wat met die pad verbygaan? Kyk tog self of daar 'n smart is soos die smart wat oor my gekom het, wat die Here my aangedoen het die dag toe sy toorn losgebreek het.
KLAAGLIEDERE 1:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat dit julle koud, julle almal wat met die pad verbygaan? Sien dit tog raak en kyk! Is daar nog smart soos die smart wat Hy my aangedoen het, wat die HERE my op die dag van sy brandende toorn laat ly het?
KLAAGLIEDERE 1:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Is dit vir julle niks, julle almal wat verbygaan nie? kyk, en kyk of daar enige droefheid is soos my droefheid wat my aangedoen is waarmee die HERE my verdruk het op die dag van sy toorngloed.