KLAAGLIEDERE 1:8
KLAAGLIEDERE 1:8 Bybel vir almal (ABA)
Die mense van Jerusalem het sonde gedoen, baie sonde. Dit is hoekom die stad geword het soos 'n vuil, kaal vrou. Mense het haar voorheen gerespekteer, maar hulle spot en verneder haar nou, want hulle sien sy is kaal. En wat doen sy? Sy sug en draai weg.
KLAAGLIEDERE 1:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Get. Jerusalem het swaar gesondig, daarom het sy 'n voorwerp van afsku geword; almal wat haar geëer het, verag haar, omdat hulle haar naaktheid gesien het; sy self sug en het haar weggedraai.
KLAAGLIEDERE 1:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jerusalem het groot sonde gedoen, dit het haar soos 'n onrein vrou laat word; die mense het haar naaktheid gesien, almal wat haar geëer het, verag haar nou. Sy sug en draai weg.
KLAAGLIEDERE 1:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Groot is die sonde van Jerusalem; daarom het sy onrein geword. Almal wat haar geëer het, verag haar, omdat hulle haar naaktheid gesien het. En sy, sy kreun en draai weg.
KLAAGLIEDERE 1:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jerusalem het swaar gesondig; daarom is sy verwyderd; almal wat haar geëer het, verag haar, omdat hulle haar naaktheid gesien het; ja, sy sug en draai terug.
KLAAGLIEDERE 1:8 Die Boodskap (DB)
Almal staan die kop en skud oor Jerusalem wat soveel skande gemaak het. Sy is onaanvaarbaar vir God. Almal wat vroeër so baie van haar gedink het, het gesien hoe sy lyk as sy kaal is. Nou verag hulle haar. Sy het net ’n kreun gegee en in skaamte haar rug vir hulle gedraai.