KLAAGLIEDERE 3:22-23
KLAAGLIEDERE 3:22-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Deur die HERE se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut.
KLAAGLIEDERE 3:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Die Here doen altyd wat Hy belowe het, Hy is altyd jammer vir mense wat swaarkry. Here, U doen dit elke nuwe oggend, U bly altyd dieselfde.
KLAAGLIEDERE 3:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Get. dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot.
KLAAGLIEDERE 3:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot.
KLAAGLIEDERE 3:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is deur die troue liefde van die HERE dat ons nie omgekom het nie, ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid.
KLAAGLIEDERE 3:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is uit die barmhartighede van die HERE dat ons nie verteer is nie, omdat sy medelye nie ophou nie. Hulle is elke môre nuut: groot is u trou.