KLAAGLIEDERE 3:22-24
KLAAGLIEDERE 3:22-24 Bybel vir almal (ABA)
Die Here doen altyd wat Hy belowe het, Hy is altyd jammer vir mense wat swaarkry. Here, U doen dit elke nuwe oggend, U bly altyd dieselfde. Ek sê: Die Here is alles wat ek het, daarom sal ek aanhou hoop.
KLAAGLIEDERE 3:22-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Get. dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot. Die HERE is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.
KLAAGLIEDERE 3:22-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom.
KLAAGLIEDERE 3:22-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is deur die troue liefde van die HERE dat ons nie omgekom het nie, ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. My erfdeel is die HERE, sê ek; daarom hoop ek op Hom.
KLAAGLIEDERE 3:22-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is uit die barmhartighede van die HERE dat ons nie verteer is nie, omdat sy medelye nie ophou nie. Hulle is elke môre nuut: groot is u trou. Die HERE is my deel, spreek my siel; daarom sal ek op hom hoop.
KLAAGLIEDERE 3:22-24 Die Boodskap (DB)
die Here hou nooit op om vir ons om te gee nie. Hy bly getrou. Sy liefde het ons gespaar. Hy het gekeer dat ons heeltemal uitgewis is. ’n Mens kan altyd op U vertrou. Elke oggend is U maar weer daar. Ek sê vir myself: “Ek vertrou die Here, want Hy gee vir my lewe.”
KLAAGLIEDERE 3:22-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Deur die HERE se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die HERE. Daarom vertrou ek op Hom.”