KLAAGLIEDERE 3:40
KLAAGLIEDERE 3:40 Bybel vir almal (ABA)
Ons moet goed kyk hoe ons lewe, ons moet baie goed dink daaroor, en ons moet terugkom na die Here toe.
KLAAGLIEDERE 3:40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Noen. Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die HERE bekeer
KLAAGLIEDERE 3:40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat ons ons handelswyse ondersoek en toets, en laat ons na die HERE terugkeer.
KLAAGLIEDERE 3:40 Die Boodskap (DB)
Kom ons gaan kyk hoe ons pad geloop het en dink ’n bietjie na oor wat ons gedoen het. Dan kan ons omdraai na die Here toe.
KLAAGLIEDERE 3:40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Laat ons eerder gaan kyk na wat ons gedoen het en daaroor nadink sodat ons kan omdraai na die HERE toe.