LEVITIKUS 10:3
LEVITIKUS 10:3 Bybel vir almal (ABA)
Moses het vir Aäron gesê: “Dit is wat die woorde van die Here beteken het toe hy gesê het: “Die mense wat vir My offers bring, moet weet dat Ek 'n heilige God is, die hele volk moet sien dat Ek die Koning is.” Aäron het stilgebly.
LEVITIKUS 10:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Moses vir Aäron: “Die Here het gesê: Wie 'n offer vir My bring, moet besef dat Ek heilig is; sy ontsag vir My moet vir die hele volk duidelik wees.” Aäron was sprakeloos.
LEVITIKUS 10:3 Die Boodskap (DB)
Moses sê toe vir Aäron: “Dit is wat die Here bedoel het toe Hy gesê het: Hulle wat vir My offer, moet onthou hoe geweldig groot Ek is. Die hele volk moet My met groot respek behandel.” Aäron het nie daarop geantwoord nie.
LEVITIKUS 10:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moses sê toe vir Aäron: “Dit is wat die HERE bedoel het toe Hy gesê het: Wie tot My nader, moet besef Ek is heilig. Ek word geëer voor die hele volk.” Aäron het net stilgebly.
LEVITIKUS 10:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stilgebly.