LEVITIKUS 20:13
LEVITIKUS 20:13 Die Boodskap (DB)
As ’n man seksueel met ’n ander man verkeer soos met ’n vrou, het hulle iets baie leliks gedoen. Hulle is al twee skuldig en al twee moet doodgemaak word.
LEVITIKUS 20:13 Bybel vir almal (ABA)
“En die man wat seks het met 'n ander man, moet sterf. Hulle het iets gedoen wat die Here haat, hulle moet altwee sterf, hulle is skuldig.
LEVITIKUS 20:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as 'n man met 'n manspersoon gemeenskap het soos 'n mens met 'n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
LEVITIKUS 20:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Twee mans wat homoseksueel verkeer, doen 'n afskuwelike sonde. Hulle moet doodgemaak word. Hulle verdien die dood.
LEVITIKUS 20:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As daar iemand is wat by 'n manlike persoon slaap soos by 'n vrou, het hulle albei iets afstootliks gedoen. Hulle moet beslis sterf. Hulle bloedskuld is op hulle.