LEVITIKUS 20:26
LEVITIKUS 20:26 Die Boodskap (DB)
Julle moet op so ’n manier leef dat dit duidelik is dat julle aan My behoort en vir My leef. Ek is die Here. Ek is die enigste God. Ek het julle onder die nasies uitgesoek om aan My te behoort.
LEVITIKUS 20:26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle moet heilig wees, want Ek, die HERE, is heilig. Ek het julle afgesonder van al die ander volke om my eiendom te wees.
LEVITIKUS 20:26 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet aan My gewy wees, want Ek, die Here, is heilig. Ek het gesê julle moet my spesiale volk wees tussen die ander volke.
LEVITIKUS 20:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En julle moet vir My heilig wees, want Ek, die HERE, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.
LEVITIKUS 20:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle moet heilig lewe, want Ek die Here is heilig. Ek het julle afgesonder uit die volke om aan My te behoort.