LEVITIKUS 23:10-11
LEVITIKUS 23:10-11 Bybel vir almal (ABA)
“Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer julle kom in die land wat Ek vir julle gee, en julle sny die koring en die gars af, dan moet julle die eerste gerf wat julle afsny, vir die priester bring. Die priester moet die gerf heen en weer beweeg voor die Here, dan sal die Here dit van julle aanvaar. Die priester moet die gerf beweeg op die dag ná die Sabbatdag.
LEVITIKUS 23:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring. En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.
LEVITIKUS 23:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Sê vir die Israeliete: Wanneer julle in die land kom wat Ek aan julle gee, en julle samel die graanoes in, moet elkeen die eerste ryp are van sy oes na die priester toe neem. Hy moet die are as beweegoffer vir My, die Here, aanbied sodat julle vir My aanneemlik sal wees. Die priester moet dit die dag ná die sabbat doen.
LEVITIKUS 23:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Praat met die Israeliete en sê vir hulle, ‘Wanneer julle in die land kom wat Ek vir julle gaan gee en julle die graanoes insamel, moet julle die eerste gerf van julle graanoes na die priester bring. Hy moet die gerf voor die HERE aanbied dat dit tot julle voordeel strek. Op die dag ná die Sabbat moet die priester dit aanbied.
LEVITIKUS 23:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Wanneer julle in die land inkom wat Ek aan julle gee, en die oes daarvan afoes, moet julle 'n gerf van die eerstelinge van julle oes na die priester bring. En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg om vir julle welgevallig te wees; die môre ná die sabbat moet die priester dit beweeg.
LEVITIKUS 23:10-11 Die Boodskap (DB)
vir die Israeliete gesê: “Wanneer julle eendag in die land woon wat Ek aan julle gaan gee en julle begin daar oeste insamel, moet julle die eerste gerf graan wat julle afsny na my tent bring. Die dienaar by die tent moet dit op die eerste dag na die sabbatdag vir die Here gaan gee sodat die Here julle goedgesind kan wees.
LEVITIKUS 23:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
om die volgende instruksies vir die Israeliete te gee: “Wanneer julle in die land bly wat Ek aan julle gee, en julle samel die eerste oes in, bring vir die priester die eerste gerf van die graanoes. Die priester sal dit op die dag ná die Sabbat in die teenwoordigheid van die HERE oplig sodat dit ter wille van julle aanvaar kan word.