LEVITIKUS 23:2
LEVITIKUS 23:2 Bybel vir almal (ABA)
“Jy moet praat met die Israeliete en vir hulle sê: Hierdie is die feeste van die Here wat julle moet vier. Dit is die tye wanneer julle moet bymekaarkom en wanneer julle julleself moet wy, dit is my feeste.
LEVITIKUS 23:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste — dit is my feestye.
LEVITIKUS 23:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Sê vir die Israeliete: Die feeste wat julle tot my eer moet vier, moet gewyde byeenkomste wees. Die volgende is my feeste
LEVITIKUS 23:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Praat met die Israeliete en sê vir hulle, ‘My feesdae, die feesdae van die HERE wat julle as heilige byeenkomste moet uitroep, is die volgende
LEVITIKUS 23:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Aangaande die feestye van die HERE wat julle as heilige samekomste moet uitroep, dit is my feestye.