LEVITIKUS 23:5-6
LEVITIKUS 23:5-6 Bybel vir almal (ABA)
“Die Paasfees van die Here is op die veertiende dag van die eerste maand, wanneer dit donker begin word. Die Fees van die Ongesuurde Brood begin op die vyftiende dag van dieselfde maand. Dan moet julle sewe dae lank ongesuurde brood eet.
LEVITIKUS 23:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die HERE; en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.
LEVITIKUS 23:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Op die veertiende van die eerste maand teen skemer moet julle die paasfees vier tot eer van die Here. Op die vyftiende van dieselfde maand begin die fees van ongesuurde brood tot eer van die Here. Sewe dae moet julle ongesuurde brood eet.
LEVITIKUS 23:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ In die eerste maand, op die veertiende van die maand teen laatmiddag is dit die Pasga van die HERE. Op die vyftiende dag van hierdie maand begin die Fees van Ongesuurde Brood vir die HERE. Sewe dae lank moet julle ongesuurde brood eet.
LEVITIKUS 23:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Op die veertiende dag van die eerste maand teen die aand is die pasga van die HERE. En op die vyftiende dag van dieselfde maand is die fees van die ongesuurde brode tot eer van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.
LEVITIKUS 23:5-6 Die Boodskap (DB)
“Die paasfees vir die Here is in die lente. Dit begin net na sononder op die veertiende dag van die eerste maand. Op die volgende dag, die vyftiende dag, begin die fees van die brode waarin daar nie suurdeeg is nie. Sewe dae lank moet julle brood eet waarin daar nie suurdeeg is nie om die Here te vereer.
LEVITIKUS 23:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Die Paasfees van die HERE begin teen skemer op die veertiende dag van die eerste maand. Die dag na die Paasfees begin die Fees van die Ongesuurde Brood. Die fees vir die HERE hou vir sewe dae lank aan en gedurende dié tyd mag julle net brood eet wat gemaak is sonder suurdeeg.