LUKAS 10:16
LUKAS 10:16 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het ook vir die dissipels gesê: “Wanneer die mense na julle luister, dan luister hulle na My. Die mense wat hulle rug draai na julle toe, draai hulle rug na My toe. En die mense wat hulle rug draai na My toe, draai hulle rug na God toe wat My gestuur het.”
LUKAS 10:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.
LUKAS 10:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wie na julle luister, luister na My; wie vir julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.”
LUKAS 10:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Wie na julle luister, luister na My, en wie julle verwerp, verwerp My. En wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.”
LUKAS 10:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie na julle luister, luister na My; en hy wat julle verag, verag My; en hy wat My verag, verag hom wat My gestuur het.
LUKAS 10:16 Die Boodskap (DB)
“Ek sê weer: as mense julle met oop arms ontvang en julle vriende wil wees, is hulle my vriende ook. Maar as hulle nie na julle luister nie en die rug vir julle draai, draai hulle ook die rug vir My. En as hulle My verwerp, doen hulle presies dieselfde met God, want Hy het My na julle toe gestuur.”