LUKAS 10:21 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
LUKAS 10:21 AFR83 (Afrikaans 1983)
By daardie selfde geleentheid het Jesus deur die Heilige Gees dit uitgejubel: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling.
LUKAS 10:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae.
LUKAS 10:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Toe is Jesus vervul met die blydskap van die Heilige Gees en het gesê: “O Vader, Here van hemel en aarde, dankie dat U die waarheid verberg het vir dié wat in hulle eie oë so wys en slim is, en dit aan die kindertjies bekendgemaak het. Ja, Vader, dit het U behaag om dit só te doen.
LUKAS 10:21 DB (Die Boodskap)
Toe het Jesus hardop begin bid. Omdat die Heilige Gees se krag in Hom was, was Hy so vol vreugde dat Hy dit eenvoudig met God moes deel: “My Vader, alles in die hemel en op die aarde behoort aan U. Ek wil vir U dankie sê dat u boodskap so duidelik en eenvoudig is. U het al u groot geheime verberg vir die groot en slim mense en dit aan die kleinste ou kindertjies kom bekendmaak. Dit was deel van u plan dat hulle in U moet glo. Ja, Vader, en nou gebeur dit ook.
LUKAS 10:21 ABA (Bybel vir almal)
In daardie tyd het die Heilige Gees in Jesus gekom. Jesus het gejuig en gesê: “Vader, Here van die hemel en die aarde, Ek sê vir U dankie, want U het kinders en gewone mense gehelp om u woorde en tekens te verstaan. Maar slim en geleerde mense het dit nie verstaan nie, want U het hulle nie gehelp om dit te verstaan nie. Ja, Vader, U het dit so gedoen omdat U dit so wou doen.”
LUKAS 10:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op daardie oomblik het Jesus deur die Heilige Gees dit uitgejubel en gesê: “Ek loof U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg en dit aan kindertjies bekend gemaak het. Ja, Vader, want so het U dit goedgevind.
LUKAS 10:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In daardie uur het Jesus hom in die gees verheug en gesê: Ek dank U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir wyse en verstandiges verberg het en dit aan kindertjies geopenbaar het; want so het dit goed gelyk in jou oë.