LUKAS 10:34
LUKAS 10:34 Bybel vir almal (ABA)
Hy het nader gegaan, hy het die man se seerplekke toegedraai, en olyf-olie en wyn daarop gegooi. Die Samaritaan het sy donkie nader gebring. Hy het die man op die donkie laat ry en hy het hom na 'n herberg geneem. Daar het hy goed vir hom gesorg.
LUKAS 10:34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na 'n herberg geneem en vir hom gesorg.
LUKAS 10:34 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na 'n herberg toe geneem en hom daar verder versorg.
LUKAS 10:34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het na hom gegaan, sy wonde verbind en olyfolie en wyn daaroor gegiet. Toe help hy hom op sy eie rydier, neem hom na 'n herberg en versorg hom daar.
LUKAS 10:34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het na hom gegaan en sy wonde verbind en olie en wyn ingegooi en hom op sy eie dier gesit en hom na 'n herberg gebring en hom versorg.
LUKAS 10:34 Die Boodskap (DB)
Hy het dadelik die medisyne uitgehaal wat hy by hom in sy tas gehad het en die man se wonde skoongemaak. Hy het hom toe verbind en versigtig op sy donkie getel. Die Samaritaan is toe na die naaste herberg toe. Daar het hy die man in die bed gaan sit en hom versorg.