LUKAS 12:15
LUKAS 12:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe word nie bepaal deur die oorvloed van sy besittings nie.”
LUKAS 12:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy sê vir hulle: Pas op en pas op vir hebsug, want 'n mens se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.
LUKAS 12:15 Die Boodskap (DB)
Toe sê Jesus vir die mense: “Hoekom hardloop julle die hele tyd net agter geld aan? Die lewe gaan tog nie daaroor nie. ’n Mens se geluk hang mos nie af van hoeveel geld jy op jou naam het nie.
LUKAS 12:15 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Jesus vir die mense: “Julle moet oppas, julle moenie meer en meer goed wil hê nie, want dit maak nie saak hoeveel goed 'n mens het nie, dit is nie belangrik vir jou lewe nie.”
LUKAS 12:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.