LUKAS 12:2-3
LUKAS 12:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Mense kan probeer om dit weg te steek dat hulle vals is, maar God sal dit vir almal wys. Mense doen nou dinge in die geheim, maar God sal vir almal sê wat dit is. Dieselfde sal gebeur wanneer julle die goeie boodskap oor My vir die mense bring. Alles wat julle nou oor My in die donker sê omdat julle bang is, sal God vir almal laat weet wanneer dit lig is. En alles wat julle nou oor My vir iemand in 'n huis saggies fluister in sy oor, sal God vir almal laat weet. Mense sal dan op die huise se dakke staan en skree en dit vir almal sê.”
LUKAS 12:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.
LUKAS 12:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is niks bedek wat nie onthul sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie. Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die daglig gehoor word; en wat julle agter geslote deure vir iemand in die oor gefluister het, sal van die dakke af uitgebasuin word.”
LUKAS 12:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar is niks bedek wat nie openbaar sal word nie, en niks verborge wat nie bekend sal word nie. Daarom sal alles wat julle in die donker sê, in die lig gehoor word; en wat julle vir mekaar in julle slaapkamers in die oor fluister, sal van die dakstoepe af verkondig word.”
LUKAS 12:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie; ook nie weggesteek nie, wat nie bekend sal word nie. Daarom, alles wat julle in die duisternis gespreek het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor in die binnekamer gespreek het, sal op die dakke verkondig word.
LUKAS 12:2-3 Die Boodskap (DB)
“Gelukkig kan mense se leuens nooit die waarheid in ’n bottel toeskroef nie. Die een of ander tyd sal die waarheid uitkom. Onthou: wat julle ook al in die geheim sê, sal wel bekend word. Kort voor lank word julle diepste geheime sommer nog van die dakke af uitbasuin. Wees daarom baie versigtig wat julle sê.”
LUKAS 12:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die tyd kom dat alles openbaar sal word; alles wat geheim gehou word, sal onthul word. Wat julle ook al in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word, en wat julle agter geslote deure gefluister het, sal van die dakke af geskree word vir almal om te hoor!”