LUKAS 14:34-35
LUKAS 14:34-35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sout is goed, maar as die sout sy smaak verloor het, waarmee sal dit geur word? Dit is nie geskik vir die land nie, ook nie vir die mishoop nie; maar mense gooi dit uit. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
LUKAS 14:34-35 Bybel vir almal (ABA)
Sout is goed, maar as die sout nie meer soos sout smaak nie, dan kan niemand dit weer soos sout laat smaak nie. 'n Mens kan niks daarmee doen nie. Jy kan dit ook nie op die koringlande of op 'n mishoop gooi nie. Jy kan dit net buite op die straat gooi. As iemand verstaan wat Ek sê, dan moet hy doen wat Ek sê.”
LUKAS 14:34-35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word? Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
LUKAS 14:34-35 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Sout is 'n goeie ding. Maar as sout verslaan het, waarmee sal dit weer sout gemaak word? Dit is nie eers bruikbaar vir die grond of vir die mishoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, moet luister!”
LUKAS 14:34-35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Sout is goed, maar as sout sy smaak verloor, waarmee sal dit weer smaaklik gemaak word? Dit is nie eers geskik vir die grond of vir die mishoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Laat dié wat ore het om te hoor, luister! ”
LUKAS 14:34-35 Die Boodskap (DB)
“Julle wat sê dat julle my volgelinge is, is soos sout. Julle moet smaak gee aan hierdie smaaklose wêreld. Maar wat help dit as julle self smaakloos is? Dan beteken julle niks meer vir My nie. Dan moet julle weggegooi word, presies net soos ’n mens maak met sout wat sy smaak verloor het. Julle moet mooi luister na wat Ek vir julle sê, en dit ook gaan doen.”
LUKAS 14:34-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Sout is goed om smaak te gee. Maar as dit sy smaak verloor het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Smaaklose sout is selfs nie goed vir die grond of vir bemesting nie. Dit word weggegooi. Enigeen wat gewillig is om te hoor, moet luister en verstaan!”