LUKAS 16:11-12
LUKAS 16:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou? As julle met 'n ander man se goed nie betroubaar is nie, wie sal dan iets aan julle gee om as julle eie te besit?
LUKAS 16:11-12 Bybel vir almal (ABA)
As julle die geld en goed verkeerd gebruik wat God in hierdie wêreld gee, dan sal God nie vir julle dinge gee wat kosbaar is nie. En as julle nie reg werk met ander mense se goed nie, dan sal God ook nie vir julle iets gee wat aan julle kan behoort nie.
LUKAS 16:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou? En as julle nie getrou was in 'n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?
LUKAS 16:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As julle dan nie betroubaar was wat die oneerlike Mammon betref nie, wie sal julle met die ware rykdom vertrou? En as julle nie betroubaar was met 'n ander se goed nie, wie sal vir julle gee wat julle toekom?
LUKAS 16:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou? En as julle nie getrou was in wat 'n ander man s'n is nie, wie sal aan julle wat aan julle behoort, gee?
LUKAS 16:11-12 Die Boodskap (DB)
Moenie toelaat dat die geldgod julle in sy kloue beetkry nie. Dan gaan julle ander mense probeer uitbuit. As julle nie eerlik kan wees met geld in hierdie oneerlike wêreld waarin julle leef nie, hoe sal Ek dan ooit my nuwe wêreld aan julle sorg kan toevertrou?