LUKAS 17:26-27
LUKAS 17:26-27 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer die Seun van die mens kom, dan sal dit wees soos in die tyd toe Noag gelewe het. In daardie tyd het die mense aangehou om te eet en te drink en te trou en hulle kinders te laat trou tot die dag toe Noag in die ark ingegaan het. Toe het die watervloed gekom en alles verwoes.
LUKAS 17:26-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens: hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.
LUKAS 17:26-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Net soos dit in die tyd van Noag gegaan het, so sal dit ook gaan in die tyd van die Seun van die mens: hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. Toe kom die sondvloed, en dit het hulle almal uitgewis.
LUKAS 17:26-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Net soos in die dae van Noag gebeur het, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die Mens. Hulle het geëet, gedrink, in die huwelik getree en in die huwelik uitgegee, tot op die dag dat Noag die ark binnegegaan en die vloed gekom en almal vernietig het.
LUKAS 17:26-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En soos dit was in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens. Hulle het geëet, hulle het gedrink, hulle het met vroue getrou, hulle is in die huwelik gegee, tot die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die vloed het gekom en hulle almal vernietig.
LUKAS 17:26-27 Die Boodskap (DB)
“Kom Ek verduidelik met ’n voorbeeld wat Ek bedoel. Julle almal ken die verhaal van Noag. Wel, terwyl Noag die ark gebou het, het die ander mense om hom normaal aangegaan asof niks gebeur nie. Al wat vir hulle saak gemaak het, was om elke dag te eet en te drink en om te wonder wie nou weer met wie getrou het. Toe klim Noag in die ark. Daarna het dit begin reën en reën. Uiteindelik het alles weggespoel. Ja, daar het niks oorgebly nie.
LUKAS 17:26-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Net soos dit gebeur het gedurende die tyd van Noag, só sal dit ook gaan gedurende die tyd voor my koms as die Seun van die Mens: Hulle het geëet, gedrink, getrou en vroue in die huwelik uitgegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. Die watervloed het gekom en hulle almal vernietig.