LUKAS 17:5 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

LUKAS 17:5 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.”

LUKAS 17:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof.

LUKAS 17:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die apostels het toe vir die Here gesê: “Help ons. Ons het meer geloof nodig.”

LUKAS 17:5 DB (Die Boodskap)

Toe sê Jesus se twaalf apostels vir Hom: “Here, dis so moeilik om al hierdie dinge te doen wat U sê. En ons geloof is so klein. Gee ons asseblief nog geloof.”

LUKAS 17:5 ABA (Bybel vir almal)

Die apostels het vir die Here gesê: “Help ons asseblief om sterker te glo.”

LUKAS 17:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe sê die •apostels vir die Here: “Gee ons meer geloof!”

LUKAS 17:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die apostels het vir die Here gesê: Verhoog ons geloof.