LUKAS 19:37-40
LUKAS 19:37-40 Bybel vir almal (ABA)
Toe Jesus naby Jerusalem kom, op die pad wat van die Olyf-berg na onder gaan, was al die mense wat saam met Jesus geloop het, baie bly. Hulle het hard begin skree en hulle het God geprys oor al die wonderlike dinge wat hulle gesien het. Hulle het geskree: Prys die Man wat kom! Hy is die Koning, die Here het Hom gestuur! Daar is vrede in die hemel, God in die hoogste hemel is Koning! Party van die Fariseërs wat tussen die mense was, het vir Jesus gesê: “Meneer, jy moet vir jou dissipels sê hulle moet stilbly. Hulle mag nie hierdie dinge sê nie.” Maar Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, dan sal die klippe hard skree en dit sê.”
LUKAS 19:37-40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met 'n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het, terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele! En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf u dissipels! En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.
LUKAS 19:37-40 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Hy naby die stad kom, teen die afdraand van die Olyfberg, het die hele skare juigende volgelinge God uit volle bors begin prys oor al die wonderwerke wat hulle gesien het. Hulle het gesing: “Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!” 'n Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u volgelinge!” Maar Hy antwoord: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.”
LUKAS 19:37-40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Hy al naby die afdraande teen die Olyfberg kom, het die hele skare dissipels God vol vreugde hardop begin prys oor al die kragtige dade wat hulle gesien het. Hulle het uitgeroep: “Geseënd is die Koning, Hy wat kom in die Naam van die Here! Vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste! ” Sommige van die •Fariseërs in die skare het egter vir Jesus gesê: “Meester, berispe u dissipels!” Maar Hy het geantwoord: “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, sal die klippe dit uitroep!”
LUKAS 19:37-40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Hy naby gekom het, selfs nou by die afdraand van die Olyfberg, het die hele menigte van die dissipels begin juig en God met 'n groot stem loof vir al die magtige werke wat hulle gesien het; en gesê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here: vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele. En sommige van die Fariseërs uit die skare het vir Hom gesê: Meester, bestraf u dissipels. En hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle dat, as hulle sou stilbly, die klippe dadelik sou uitroep.
LUKAS 19:37-40 Die Boodskap (DB)
Toe Jesus naby die lang afdraande kom wat van die Olyfberg af na Jerusalem toe loop, het ’n groot klomp van sy volgelinge begin om God hardop te loof en te prys. Hulle was baie bly oor al die groot dinge wat Hy gedoen het. Hulle het Jesus soos ’n koning daar in Jerusalem verwelkom en hard uitgeroep: “Prys Hom wat as Koning in die Naam van die Here kom! Nou seëvier God se hemelse vrede. Al die eer kom die allerhoogste God toe.” ’n Klompie Fariseërs wat ook in die skare was, was baie geskok oor hierdie woorde. Hulle sê toe: “Leermeester, hou jou dissipels in toom! Jy kan mos nie toelaat dat hulle sulke dinge oor jou sê nie!” Jesus antwoord: “En waarom nie? As hulle sou stilbly, sou die klippe hier langs die pad dieselfde oor My uitroep!”
LUKAS 19:37-40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe Hy naderkom, reeds op die afdraand van die Olyfberg, het die groot skare dissipels God uit volle bors begin loof en prys oor al die kragtige dade wat hulle gesien het. Hulle het gesing: “Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning! Vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!” Sommige van die Fariseërs uit die skare het vir Jesus gesê: “Leermeester, bestraf jou dissipels!” Jesus het gereageer: “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, sal die klippe dit uitroep!”